Tiekiedraai

©2021 Music by ENFC Music & Faith Story Publishing

Tiekiedraai

VERSE 1
Koud en bang het ek verdwaal
Maar my Pa het my kom haal
Hy het my Sy hart gewys
Welkom by die Vaderhuis

VERSE 2
Sy liefde red my keer op keer
My naam is in Sy hand grafeer
Ek kan nie ophou lekkerkry
Want die Koning dans oor my

CHORUS
Sy liefde oorweldig my
Sy arms is oop vir my
My Hemelse Vader
Dans oor my, ja Hy,
Ja die Koning dans oor my

VERSE 3
Genade het my skoon gewas
Hy druk my teen Sy borskas vas
Daar is niks wat ons kan skei
Sy liefde maak my vry

VERSE 4
God is goed sal ek getuig
In dankbaarheid my knieë buig
Hier het ek geluk gevind
Ek is tog ‘n Koningskind

CHORUS

BRIDGE
Hy, ja Hy, tiekiedraai oor my
Hy, ja Hy, tiekiedraai oor my
Hy, ja Hy, tiekiedraai oor my
Ja die Koning dans oor my